Oscar was ‘kersie op die koek’ | Die Burger

Stephen (Sugar) Segerman oor sy ontmoeting met Rodriguez
Stephen (Sugar) Segerman oor sy ontmoeting met Rodriguez

KAAPSTAD. – Die Oscar-toekenning is die kersie op die koek van ’n merkwaardige reis oor sy held Rodriguez.

Só gesels Stephen “Sugar” Segerman oor die dokumentêre rolprent oor Sixto Rodriguez, Searching for Sugar Man, wat pas ’n Oscar ingepalm het in die kategorie vir dokumentêre rolprente.

Segerman is ’n sentrale figuur in die dokumentêr.

Die rolprent is die verhaal van Segerman en Craig Bartholomew Strydom wat Rodriguez in die 1990’s in Detroit, Michigan, opgespoor en na Suid-Afrika gebring het.

Hy en Strydom was verlede week ook in Hollywood toe die goue beeldjie aan Malik Bendjelloul en Simon Chinn (regisseurs) oorhandig is.

via Oscar was ‘kersie op die koek’ | Die Burger.


Discover more from SugarMan.org

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Published by SugarMan.org

10 July 1942 to 8 August 2023

2 thoughts on “Oscar was ‘kersie op die koek’ | Die Burger

Leave a reply to Peter Salzer Cancel reply